Back to Rietondale.net Get in contact with us Links to usefull sites
Neighbourhood watch

Cor Pretorius
Tel: 083 268 1109
E-mail: colourcarft@worldonline.co.za


Good day to all

Thank you to everyone who managed to do a session or more for the neighbourhood watch. I believe we had only one incident during the past month when the GPS Guards interrupted a possible burglary attempt.

Please continue your support - will anybody willing to do a few sessions e-mail me the times that they can help during the coming month. I will draft a schedule and circulate it.

Every bit helps - even one or two hours a month.

Regards
Cor Pretorius

***

Die onlangse nuusbrief (wat u reeds van RHOARA ontvang het) wys duidelik op die onstellende toename in kriminele aktiwiteit in ons omgewing. Die oorsaak hiervan is die bron van baie debat en kontroversie. Die werklikheid is dat, wat ookal elkeen glo, geen onmiddelike verligting kan verwag word nie.

Indien ons nie reageer op hierdie tendens nie, sal ons as ‘n sagte teiken beskou word met die gevolglike toenemende kriminele aktiwiteit in ons omgewing. Die onmiddelike persoonlike gevaar is voor die handliggend. Die langer termyn effek is natuurlik die agteruitgang van ons hele buurt met die gepaardgaande waardevermindering in een van ons grootste beleggings (eiendom). Tans is die eiendomsmark so stil dat min mense sou kon verhuis selfs al wou hulle. Hieruit is dit duidelik dat die probleem vinnig en innoverend aangespreek moet word!

Ongeveer ‘n maand gelede het ‘n groep van ons (ongeveer 20) begin met ‘n informele buurtwag.

SEDERT ONS BEGIN HET WAS DAAR ‘N 100% AFNAME IN INBRAKE!!
DIT IS DUIDELIK NIE TOEVAL NIE!

Algemene vrae:

Wat is ons doel? Ons funksioneer hoofsaaklik as ekstra oë vir die wagte (en Polisie). Ons hoop ook om as ‘n visuele afskrikmiddel te dien. ‘n Sekondêre voordeel is dat inligting aangaande veiligheidskwessies baie effektief versprei word.

Is dit gevaarlik? Ons konfronteer niemand nie. Dit is selde dat enige persoon sy kar verlaat. Ons bly op ‘n baie veilige afstand en skakel die sekuriteitsbeamptes indien iets ons pla.

Neem dit baie tyd in beslag? Lede doen skofte soos hulle kan en op tye wat hulle pas. Dit is waarskynlik nie moontlik om elke uur van elke dag te dek nie, maar alle ure help. Meeste van ons lede werk en kom uit ‘n baie breë verskeidenheid beroepsrigtings. Dit werk uitstekend want almal help op verskillende tye. Indien jy dink jy is te besig om te help – dink asseblief weer. Verskeie van die aktiewe lede het baie druk skedules. Niemand is te belangrik om te help nie. Hierdie inisiatief help reeds. As ander inwoners jou kan help kan jy seker maar ook `n bydrae lewer om jouself en jou gesin te beveilig. Doen so min as wat jy oor jou gewete kry (selfs ‘n uur per maand sal help).

Wat gaan dit my kos? Lede gebruik hulle eie voertuie. Die gemiddelde afstand afgelê in ‘n tyd van twee ure was ongeveer 24km. As jy nie ‘n kar het nie, of ongemaklik is om dit alleen te doen kan jy saam met ‘n ander lid ry. Indien twee lede sou saamry is die “kostes” nog minder.. Geselskap is baie welkom laat in die aand. Hierdie is definitief die goedkoopste sekuriteit wat jy kan kry!

Werk dit? Verskeie buurte in Pretoria het reeds Buurtwagte en almal rapporteer ‘n dramatiese afname in probleme. Ons eie ondervinding is reeds geweldig positief. Ons is nie bewus van enige kriminele insidente sedert ons begin het nie!!

Ek behoort reeds aan GPS/ ADT/ COIN. Hoekom moet ek nog aan die Buurtwag ook behoort? Die feit is dat jy (en feitlik al die ander inwoners) reeds ‘n geruime tyd by hierdie dienste geaffilieer is. Ten spyte hiervan het misdaad toegeneem. Ons het reeds ‘n GROOT verskil gemaak! Ons gebruik steeds die maatskappye om die werklike (gevaarlike) werk te doen – ons verhoog net hulle effektiwiteit geweldig (jy kry meer waarde vir jou geld). Ons kan dus nooit sonder hulle werk nie.

Is dit werklik nou nodig? Die syfers is welbekend. Die bouwerk aan Buitelandse Sake gaan nog lank duur (dit is feitlik ‘n uitgemaakte saak dat die Polisie Hoofkantoor ook hier gebou gaan word). Sodra ‘n area eers gedegradeer het is dit moeilik om dit om te keer. Lede het onlangs selfs prostitute (terwyl hulle “werk”) by die park verwilder.

Hoe kan ek aansluit/ help? Ons is nog besig om meer uitgebreide strukture op die been te bring (ook hiermee kan jy help) maar die volgende vergadering is op Donderdag 7 Augustus om 19:00 by die Tennisklub. Kom asb. en sit jou naam op ‘n lys.

Kan vrouens of ouer inwoners ook help? NATUURLIK!! Die vrouens en ouer inwoners is waarskynlik die grootste teikens – HELP ONS OM JOU TE HELP! Ons benodig mense om te help met administrasie (wagbeurte ens.), mense om helder oor dag net ‘n draai te ry, mense om e-pos te stuur, mense om radios te beman ens. ens.

Wie het julle verkies of aangestel? Niemand nie! Hierdie is ‘n spontane en logiese voortvloeisel uit die skerp toename in misdaad. Ons het tans geen formele struktuur nie. Ons sal graag ‘n meer formele struktuur aanneem. Ons sal ook verdere insette en voorstelle met ope arms ontvang.

SPYT KOM ALTYD TE LAAT!

Geskryf deur: Cobus Wessels cobus.w@mweb.co.za
Properties in Rietondale
Security in Rietondale
Find out about the Neighbourhood watch system in Rietondale
News events relevant to Rietondale
Gallery of Rietondale photos, submitted by our visitors
Directory of usefull numbers and services in Rietondale
Design by IQE Business consulting