Op Saterdag 17 April 2010 is die nuwe klubhuis op luisteryke wyse in gebruik geneem. Dit is ook die dag waarop die finale van die klub kampioenskappe van 2010 gespeel is. 

Die wedstryde, mans enkels en mans dubbels is deur die jong spelers van Rietondale oorheers. Wim le Roux het teen Wickus Myburgh in drie stelle gewen. In die mans dubbles is die twee ervare  manne Francois Aylward en Heinrich von Wielligh deur die jong manne Wim le Roux en Johann Schoonees geklop.

Na die afloop van die wedstyde is daar prys uitdeling gehou. Die klub is ook amptelik in gebruik geneem deur Jannie Kruger en Steff v Rooy wat die inspirasie vir die veranderinge was. Die klubhuis kan nou konferensies hanteer en daar word beplan om ook ‘n tee tuin op die been te bring. 

Daar is heerlik gebraai en lekker gekiuer.

Funksies kan ook nou ge-akkommodeer word.